Wat is tuisversorging? - Wanneer word dit benodig? - Hoe werk dit?
Die vaste definisie van "Tuisversorging" is dat dit die versorging van iemand wat siek, verswak en/of bejaard is in die veiligheid en gemak van sy eie huis deur proffesionele versorging met die doel om die pasiënt se gesondheid te herstel, bevorder en te onderhou.
Dit is egter net 'n eensydige definisie van tuisversorging, want tuisversorging is soveel meer...Dit verskaf aan 'n reeds siek en verswakte pasiënt die nodige gemak en gerief om te herstel in 'n omgewing waar hy/sy veilig voel, dit verskaf vir die pasiënt se geliefdes gemoedsrus oor die versorging van die pasiënt en vir sommige van die pasiënte is hulle versorger hul enigste bron van geselskap en omgee
Wat is tuisversorging? - Wanneer word dit benodig? - Hoe werk dit?
Opgeleide versorgers sien na mense om vir 'n verskeidenheid van redes, ongeag van hulle ouderdomme of individuele behoeftes of gebreke. Redes sluit in dat 'n persoon nie instaat is om hom- of haarself te versorg nie. Tuisversorging verskaf dus vir geliefdes gemoedsrus. Siektes waarmee tuisversorgers gereeld te doen kry sluit in o.a. beroertes, kanker en ander teminale siektes, vigs, veelvoudige sklerose, Alzheimer's, Dimensie, Parkinson's, wanvoeding en ander minder ernstige toestande bv wondbehandlinge en bedsere.
Wat is tuisversorging? - Wanneer word dit benodig? - Hoe werk dit?
- Eerstens word 'n evaluering gedoen om die spesifieke behoefts te bepaal bv. Is dit hoë-, medium- of laesorg.
- 'n Vraelys word ingevul om behoeftes te bepaal en daarvolgens word die diens gelewer.
-'n Tuisversorger word beskikbaar gestel wat toesien dat die persoon alomvattende versorging volgens sy spesifieke behoeftes ontvang. Die pasient se geliefdes word betrek en op 'n gereelde basis op datum gehou met die vordering in die pasient se gesondheid en die pasient se behoeftes word voortdurend geherevalueer, sodoende word seker gemaak dat die pasiënt die beste moontlike versorging kry.
|